Oegaritiese alfabet

Oegaritiese alfabet
Soort skryfstelsel   Abjad
Tyd gebruik Van c. 1400 v.C.
Rigting Links na regs
Tale Oegarities, Horities
Stelsels
ISO 15924 Ugar, 040
Unicode Ugaritic,
U+10380–U+1039F
Nota
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
Portaal  Portaalicoon   Skryfstelsels

Die Oegaritiese alfabet is ’n wigskrif-abjad wat gebruik is vanaf omstreeks die 15de eeu v.C.[1] of 14de eeu v.C.[2] vir Oegarities, ’n uitgestorwe Noordwes-Semitiese taal. Dit is in 1928 in Oegarit (hedendaagse Ras Shamra) in Sirië ontdek. Dit het 30 letters. Ander tale, veral Horities, in die gebied is dikwels in die skrif geskryf, maar nie elders nie.

Kleitablette in die Oegaritiese skrif toon vroeë tekens van beide die Wes- en Suid-Semitiese volgorde van letters, wat aanleiding gegee het tot die volgorde van die Hebreeuse, Griekse en Latynse alfabet aan die een kant en van die Ge'ez-alfabet aan die ander kant.

Die skrif is van links na regs geskryf. Hoewel die letters wigvormig was en in klei gedruk is, is dit nie verwant aan die Akkadiese wigskrif nie.

  1. A Primer on Ugaritic, William M. Schniedewind (pg 32)
  2. Ugaritic, in The Ancient Languages of Syria-Palestine and Arabia

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search